NewsNews

Skole trek swaar oor skoolgeld

Skole trek swaar oor skoolgeld

   

Die aantal skole wat reeds ernstige finansiële probleme ervaar weens skoolgelde wat nie betaal word nie, groei by die dag. Boonop is om uitstaande skoolgeld ingevorder te kry, een van die grootste uitdagings wat skole vandag het, sê TPN Credit Bureau. Die Buro het benadruk dat die regering se toegekende begroting vir basiese onderwys onder toenemende druk juis is omdat ouers met kinders by staatskole dit al moeiliker vind om skoolgeld te betaal.

Die departement se begroting vir die 2020/21 finansiële jaar het met 5,3% gekrimp, vergeleke die vorige jaar. ’n Kommerwekkende aspek as in ag geneem word dat ⅔ van leerders in Suid-Afrika ingeskryf is by sogenaamde “geen fooi” skole, waaarvoor die regering moet pa staan vir die koste. ’n Minderheid van sowat 6,5% leerders is ingeskryf by privaat skole, terwyl die oorblywende leerders ingeskryf is by staatskole waar skoolfonds wel betaalbaar is. Laasgenoemde wat dan ongeveer ’n derde van alle staatskole uitmaak, maak staat op die inkomste van skoolfonds om te betaal vir addisionele onderwysers waarvoor die departement van onderwys nie betaal nie, sowel as alle addisionele bedryfskostes wat nie deur die departement gedek word nie. Ouers met kinders by staatskole waar skoolfonds betaalbaar is, kan aansoek doen om kwytskelding van skoolfonds op grond van hul finansiële posisie, maar die huidige ekonomiese penarie waarin al meer ouers hul bevind, veroorsaak nou dat al meer ouers nie skoolfondsverpligtinge kan nakom nie.

Volgens ’n opname wat TPN gedoen het, word skole baie negatief geraak omdat daar nie altyd geslaag kan word om agterstallige fooie te in nie. Met skoolfonds wat skole se grootste bron van inkomste is vir meer as 90% van privaat skole, en 60% van staatskole, is dit te verstane dat skole met ’n groot penarie sit. Ouers by staatskole waar skoolfonds betaal moet word, sien weer hoë skoolfooie, gebrekkige voorsiening aan handboeke en té veel leerders in klasse as van hul grootste bekommernisse, is gevind in die studie. Tog is die grootste probleem by baie skole, juis voor die Covid-krisis al, dat die betaling van skoolfooie vir baie ouers eenvoudig nie prioriteit is nie, en sal baie eerder hul huur, motorpaaiement, lenings ensovoorts eerste betaal voordat skoolfonds betaal word, verduidelik Michelle Dickens, besturende direkteur van TPN Credit Bureau.

Sy sê hulle het gevind dat hierdie neiging selfs nog meer bekommer as die uitwerking wat gesien word van Covid-19 op huishoudings se finansies. In Januarie 2020 het tot 61,5% van ouers hul kinders se skoolfooie tot op datum betaal. Tydens inperking het minder as een uit elke twee ouers skoolgeld ten volle betaal, met net 45,9% van ouers wat nog teen Augustus op datum was met die betaling van skoolfonds. Teen November het die syfer verbeter tot 52% van ouers wat ten volle skoolfooie betaal het. Ten spyte van die geleentheid om vir kwytskelding van skoolfooie aansoek te doen, is dit hartseer dat 21,6% van leerders wat gekies het om uit die onderwysstelsel te beweeg, aangedui het dat gebrek aan geld vir skoolfonds die rede is dat hulle skool verlaat. Maar sê Dickens, die realiteit is dat die koste van onderrig nie beperk is tot skoolfonds alleenlik nie. Daar is ook nog die koste van vervoer. Baie families kan eenvoudig nie, afgesien van skoolfooie, ook nog vervoerkoste betaal nie.

Gegewe die ekonomiese nadraai van die inperking wat vir 2021 voorspel word, is die verwagting dat die aantal ouers wat vir kwytskelding van skoolfooie sal aansoek doen, selfs nog meer sal word. Een manier om seker te maak of ouers wel kwalifiseer vir kwytskelding van dié finansiële verpligting, is deur navraag aan ‘n kredietburo. Dickens sê soos met enige ander besigheid kan skole ook vra dat kredietrekords nagegaan word, aanmaningsbriewe uitstuur. en selfs wanbetalers op die sogenaamde swartlys laat plaas. S

y sê dit is absoluut noodsaaklik om toestemming te kry voordat iemand se kredietrekord nagegaan word, maar dat ouers wat vir kwytskelding aansoek doen gewoonlik heel geneë daartoe is om hul toestemming te gee.  

Related Articles

Back to top button