![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/02/download-3.jpg)
Die Vaaldam is tans bykans 80% vol met die Grootdraai-dam wat nou 107,2% vol is. Bloemhofdam staan op 102%, en die vlak van die Sterkfontein-dam op 96,7%. In totaal is daar 299mm reën vir Parys vir Januarie in die dorp gemeet. Oneindige dankbaarheid vir dié genade-reën. Die dorp het oor Desember 173 mm reën gehad.