Die polisie het pas bevestig dat Andries Vrey, DA-raadslid van Parys, veilig in Umdloti gevind is.
Hy is na die Umhlanga-hospitaal geneem. Luidens ‘n Facebook-inskrywing van die familie was “dit wel weer ‘n beroerte soos ons vermoed het,”
Daar was kommer oor Andries nadat daar op 26 Januarie die laaste keer telefoniese kontak met hom was. Hy is in Umdloti gesien op 23 Januarie en die laaste wat sy voertuig gesien is, was in Umhlanga.
Dankie aan elkeen wat gebid en help deel het aan die boodskap om Andries te vind. Dit word opreg waardeer.