NewsNews

Optiese vesel-netwerk: Nuwe installasies gaan voort

Optiese vesel-netwerk: Nuwe installasies gaan voort

 

 

 

Vumatel se herstelwerk aan beskadigde dele van die optiese veselnetwerk in Parys behoort binne die volgende week voltooi te wees. Daar sal dan ingehaal word op die agterstand met nuwe installasies.
Net soos met die oorhoofse kraglyne en Telkom-lyne, het misdadigers ook sedert die netwerk “lewendig” geword het in November 2020, begin om veselnetwerk mangate te vandaliseer en kabels uit te haal. Die geweldige vlaag van vandalisme het so ‘n ernstige impak op die veselnetwerk in die Parys-gebied gehad dat nuwe installasies nie oor Desember gedoen is nie. Mense is daarom ook gevra om verdagte bewegings by die infrastruktuur van Vumatel te rapporteer.
Met die herstel van die beskadige dele is mangate nou beveilig en sal kwaliteittoetse gedoen word sodat nuwe installasies kan voortgaan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button