Daar is steeds geen spoor van die vermiste DA-raadslid van Parys, die 43-jarige mnr. Andries Vrey. Die laaste telefoniese kontak met hom was op 26 Januarie.
Hy ry met ‘n silwerkleurige Mercedes Benz C200 met registrasienommer FCK762FS.
Toe hy die laaste keer gesien is het hy ‘n demin, T-hemp en tekkies gedra. Hy is in Umdloti gesien op 23 Januarie en die laaste wat sy voertuig gesien is, was in Umhlanga.
Andries het n geweldige groot bydrae gelewer in Parys om inwoners te help met diensleweringsprobleme en het talle inwoners reeds gehelp om die boodskap te deel en te bid dat hy veilig gevind word.
Enigeen wat moontlik weet waar mnr. Vrey is of enige inligting het word gevra om baie dringend die Parys SAPD te skakel by (056) 816 2504 of (056) 816 2500.