NewsNews

Vuurwapen amnestie – hierdie is jou laaste kans!

Jy het nog kans hierdie naweek

   

 

Parysenaars sal nog net hierdie Saterdag en Sondag (30 en 31 Januarie) van 08:00 tot 20:30 geleentheid hê om te kom aansoek doen vir vuurwapen amnestie by die Parys-polisiestasie wanneer die betrokke beamptes aan diens is.

Die Minister van Polisie het vroeër ‘n amnestieperiode van 6 maande aangekondig wat op 1 Augustus 2020 begin het, en op 31 Januarie 2021 eindig.

Die amnestieperiode skep geleentheid vir lede van die publiek om ongewenste vuurwapens of vuurwapens wat hulle onwettige besit, sowel as ammunisie en/of vuurwapendele aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens te oorhandig sonder vrees dat hulle vir die onwettige besit van hierdie toerusting vervolg sal word.

Die doel van die amnestieperiode is juis om die groot poel van onwettige/ongewenste vuurwapens, ammunisie en/of vuurwapendele wat in die land in omloop is, te verminder. As jy jou vuurwapen tydens die amnestieperiode oorhandig, moet jy die nodige vorms by die polisiestasie voltooi en onderteken, en aandring op ‘n afskrif van die SAPD 548 (amnestievorm).

DIt is veral vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het en nie weer betyds vir hernuwing daarvan aansoek gedoen het, wat van hierdie geleentheid kan gebruik maak. So ook byvoorbeeld as jy ‘n vuurwapen in jou besit het wat jy byvoorbeeld ge-erf het maar nagelaat het om die lisensie, permit of wettige goedkeuring vir die wapen te kry. Wanneer jy dan die vuurwapen inhandig het jy geleentheid om aansoek te doen vir die betrokke lisensie of hernuwing van jou lisensie wat verval het.

Dit geld egter nie vir vuurwapens wat onwettig bekom is, en waar geen bewys van vorige eienaarskap gelewer kan word nie. Onthou ook dat jy moet voldoen aan die bepalings van die wet wat op die lisensiëring van vuurwapens van toepassing is. Dit sluit in die beperking op die aantal vuurwapens vir die verskillende kategorieë wat ‘n persoon wettig mag besit. So ook dat jy ‘n geldige bevoegdheidsertifikaat moet hê vir die vuurwapen se lisensie waarvoor jy aansoek doen. Jou aansoek moet ook binne 14 dae na inhandiging ingedien word. Belangrik om te weet is dat slegs die persoon wat die vuurwapen fisies aan die aangewese amnestiebeampte oorhandig, persoonlik kan aansoek doen vir ‘n lisensie ten opsigte van daardie vuurwapen.

Persone wat van die amnestie periode wil gebruik maak, sluit in:

1. Mense wat in besit is van vuurwapens sonder die betrokke vuurwapen se wettige vuurwapenlisensie, permit of wettige toestemming vir die besit van die vuurwapen.

2. Mense wat in besit is van vuurwapendele sonder lisensie vir die vuurwapen waarvoor dit bedoel is.

3. Mense in besit van ammunisie sonder ‘n vuurwapen waarvoor die ammunisie bedoel is of wapenversamelaars permit.

4. Mense wat in besit is van onwettig ingevoerde vuurwapens

5. Mense wat vuurwapens ge-erf het maar nagelaat het om lisensies, permitte, of wettige goedkeuring vir die wapen te kry.

6.  Mense wat onbevoeg verklaar is om ‘n vuurwapen te besit maar nie die vuurwapen of ammunisie oorhandig het nie.

7. Besighede, insluitend private sekuriteits besighede wat nie meer in bedryf is nie versuim het om ontslae te raak van die vuurwapens en ammunisie wat vir die besigheidsdoeleindes gebruik is. 8. Mense in besit van vuurwapens waarvan die lisensie, permit of goedkeuring verval het volgens wet.  

Onthou ook dat jy vuurwapens wat wettiglik in jou besit en gelisensieer is, sowel as ammunisie wat jy wettiglik sou besit en wat jy aan die polisie vrywilliglik wil oorhandig vir vernietiging, ter enige tyd  kan doen en nie net tydens ‘n amnestie periode nie.

Vuurwapens wat ingehandig word, sal eers nagegaan word  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button