NewsNews

Klarissa se liggaam gevind

Klarissa se liggaam gevind

 

 

Joost Strydom, uitvoerende hoof van die Orania Beweging,  het net na 14:00 vanmiddag, Maandag 25 Januarie, in ‘n amptelike verklaring op die beweging se Facebook-blad bevestig dat die liggaam van die 19-jarige Klarissa Joubert  gevind is naby die punt waar die fratsongeluk gebeur het toe sy Donderdagaand in die Oranjerivier vermis geraak het nadat sy en ‘n groep vriende met binnebande op die Oranjerivier gedryf het.

Strydom het gesê dat die Orania Veiligheidsdienste, die SAPD en amptelike dorpsverteenwoordigers op die toneel is om die reuse operasie wat oor etlike dae gestrek het om te soek na Klarissa, af te handel.

Tydens die soektog het Orania se amptelike veiligheidsgroepe, OraniaMED24, die SAPD, boere uit die omgewing en honderde vrywilligers dag en nag saamgewerk om Klarissa te vind, sê hy.

Die familie het hul opregte dank aan die gemeenskap van Orania, vrywilligers, hul vriende van Ermelo waar Klarissa ook gematrikuleer het, en die SAPD asook elke helper uitgespreek. Klarissa sou vanjaar ‘n tweede jaar sielkunde student aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus gewees het.

Ons diepe medelye met Klarissa se familie en vriende.    

Related Articles

Back to top button