News

Jong student steeds vermis

Soektog na Klarissa duur voort

 

 

Daar is vandag, Sondag 24 Januarie, nog onverpoosd gesoek na die 19-jarige Klarissa Joubert, ‘n tweedejaar sielkunde student van die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus, wat Donderdag in die Oranjerivier vermis geraak het. Sy en haar gesin is van Orania. Klarissa en haar vriende was Donderdag met binnebande op die Oranjerivier toe sy van die band afgeval het waarop sy en nog ‘n vriendin gedryf het.

Hulp is onmiddellik ontbied, en is rubberbote, helikpters, snuffelhonde, kajakke en hommeltuie sedertdien ingespan om te help met die soektog na Klarissa. ‘n Hulpfonds is  ook deur die Orania Helpmekaar-organisasie gestig om die voortsetting van die soektog moontlik te maak veral vir hulp met brandstofkoste vir die helikopters en rubberbote. Vrywilligers in omliggende dorpe se hulp met die soektog is ook gevra.

Mense wat finansieel wil bydrae om die soektog na Klarissa voort te sit, kan ‘n inbetaling maak in een van die volgende rekeninges. Direkte inbetaling by OSK,  Orania Helpmekaar, G0015, Verwysing: Klarissa of jy kan ‘n internetbetaling maak na: Orania Helpmekaar, FNB Hopetown, Rek 6283 370 8425, Takkode 230 203, Verwysing: Klarissa. Jy kan bewys van betaling epos na magriet_ontwikkelorania.co.za

Dankie vir elkeen wat sedert die tragedie die gesin ondersteun en op watter manier ookal ‘n bydrae gelewer het in die soeke na Klarissa.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button