Ná fase 2 beurtkrag verlede week toegepas is, het die kragreus Sondagaand verras met sy aankondiging dat beurtkrag van vandag, Maandag 18 Januarie, voortgesit word en onbepaald bly . Die voortgesette beurtkrag is weens die vertraging van sekere kragstasies soos Kusile se elektrisiteitslewering, en Eskom wat noodkragopwekkingreserwes moes bestuur.
Eskom het vroeër reeds aangedui dat hy voorsien dat daar tot April nog gereeld beurtkrag ingestel sal moet word weens elektisiteitstekorte.
Probleme het reeds vroeg vanjaar begin toe ‘n eenheid by Koeberg-kernkragstasie van die netwerk verwyder is toe die lekkasiekoers by een van sy 3 stoomopwekkers toegeneem het.
Parys sal beurtkrag hê vandag van 08:00 tot 10:30 en weer van 16:00-18:30. Onthou dat watervoorsiening noodwendig ook geraak sal word.
Hier is Parys se Eskom beurtkragskedule vir die week. Hou in gedagte dat ons tans in fase 2 is maar dat Eskom te enige tyd kan oorskakel na ‘n ander fase wat tye mag beinvloed. Kabeldiefstal en ander munisipale probleme op die kragnetwerk mag ook kragvoorsiening buite die beurtkragtye raak en moet jy – sou jou krag af wees op ander tye as die gegewe beurtkragtye, dit aan die munisipaliteit rapporteer.