NewsNews

Viroloog beantwoord kwelvrae oor inenting

Viroloog beantwoord kwelvrae oor inenting

 

 

Gazette se susterskoerant, Potchefstroom Herald, het prof. Albie van Dijk, afgetrede professor wat steeds verbonde is aan die NWU, ‘n paar kwelvrae rondom inenting en die Covid-19-entstowwe wat beskikbaar is, gevra.

Ná 42 jaar se ondervinding in molekulêre virologie en biologie, biotegnologie, rekombinante navorsing gerig op entstofontwikkeling en biochemie, is sy ‘n kenner op die gebied van entstowwe.

Wat is die tipiese tydslyn vir die ontwikkeling, goedkeuring en beskikbaarstelling van entstowwe?

15-20 jaar. Die beskikbaarheid van die eerste Covid-19 entstowwe binne een jaar is werklik ‘n unieke eenmalige besondere prestasie van die mens en wys net dat as daar werklik ‘n wil is, is daar ‘n weg. Die uniekheid van die benadering was dat al die prosesse, navorsing, ontwikkeling en opskaling volstoom in parallel uitgevoer is en dat geld nie ‘n bottelnek was nie. 

Die lande van die wêreld het onbeperkte ongekende fondse beskikbaar gestel. Kliniese data is betyds evalueer en toestemming kon dus baie gou gegee word.

Daar is heelwat inligting op sosiale media, asook samesweringsteorieë oor entstowwe wat die rondte doen. Wat is u mening hieromtrent?

Erge siekte en sterftes weens aansteeklike siektes het nog altyd die lewens van mense bedreig. In die 1700s het Chinese variolering (besmetting van ‘n velskeurtjie met etter van koeipokke) begin en is dit teen menspokke gebruik. In die weste word Edward Jenner as die vader van entstofkunde beskou. Hy het in 1796 ‘n seuntjie met koeipokke geënt en die kind het toe immuniteit teen menspokke ontwikkel. Die enstof teen pokke het daartoe gelei dat pokke die eerste en enigste siekte is wat al ooit wêreldwyd uitgeroei is. Hierdie prestasie is in 1979 bereik. Deesdae is daar al entstowwe teen meer as 20 dodelike siektes.

Sedert 1974 dryf die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) die uitgebreide immuniseringsprogram teen die “groot ses” siektes – polio, tering, masels, maagkoors, kinkhoes en klem-in-die-kaak. Hierdie siektes is nou nie meer op mense se horison van kopsere nie en min mense/kinders ly/sterf deesdae daaraan. Dit is in skrille teenstelling met die verskrikking van hierdie siektes in die generasies van ons ouers en groot- en oorgroot-ouers.

Dit was in hulle tyd die algemene gebruik van moeders in Afrika om nie hulle kinders name te gee voor die eerste masels-seisoen verby was nie. Dit wys net hoe ‘n groot sukses die nasionale en internasionale inentingsprogramme is – ‘n ware pluimpie vir entstowwe! Ten spyte van die duidelike bewys van die sukses van entstowwe was daar maar nog altyd ‘n mate van teenstand teen entstowwe in sommige groepe. Dis ongelukkig nie moontlik om mense wat nie oortuig wil word nie, te oortuig. Dis baie jammer, want die algemene gemeenskap moet dan ook die prys van sulke besluite betaal. Voorkoming bly altyd beter as behandeling.

Wat is beste bronne van inligting wat geraadpleeg kan word deur Jan/San alleman oor die voor- en nadele van entstowwe?

Die webtuistes van: Ons plaaslike Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) https://www.nicd.ac.za/tag/vaccine/ https://www.nicd.ac.za/wp-content/uploads/2017/08/NICD_Vaccine_Booklet_D132_FINAL.pdf Die Wêreld Gesondheids Organisasie (WGO) https://www.who.int/news-room/q-a-detail/vaccines-and-immunization-what-is-vaccination?adgroupsurvey={adgroupsurvey}&gclid=Cj0KCQiArvX_BRCyARIsAKsnTxOB5qoFiU-3PIZYemrhRiTqV0jTLdKnPc899nTF99Sa6G2f1O27JcwaAl9LEALw_wcB en https://www.immune.org.nz/vaccines/vaccine-development/brief-history-vaccination

Wat is die verskil tussen nukleïensuur-, virale vektor- en proteïen-gebaseerde entstowwe?

Die resultaat van die verskillende benaderings is dieselfde. In al drie gevalle gee die entstowwe ons selle die instruksie om die speekproteïen “spike” te vervaardig waarteen die liggaam dan ’n immuunrespons loods wat ons beskerm wanneer ons wel met SARS-CoV-2 geïnfekteer word. Dis goed uiteengesit in: https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-01-09-a-snapshot-of-global-covid-19-vaccines/

Nukleïensuur entstowwe

Die Pfizer-BioNTech en Moderna entstowwe gebruik hierdie tegnologie. Ribonukleïensuur, RNS, wat vir die speekproteïen kodeer word en in ‘n vetbolletije verpak en ingespuit word. Die liggaam se selle gebruik dan die RNS om die speekproteïen te vervaardig. Die speekproteïen dien as antigeen wat die vervaardiging van teenliggame stimuleer. Die immuunresponse hou lank, maande en soms self jare, maar die RNS word binne ‘n paar dae afgebreek. Virale vektor-gebaseerde entstowwe AstraZeneca, Oxford Universiteit, Johnson & Johnson en die Gamaleya Navorsings Instituut se Sputnik V entstowwe gebruik hierdie tegnologie. Die voertuig waarmee die genetiese instruksie vir die sintese van die speekproteïen in die selle gesit word, is in hierdie geval ‘n onskadelike virus wat die DNS vorm van die instruksie bevat. Die selle vervaardig dan die speekproteïen wat dien as antigeen wat die vervaardiging van teenliggame stimuleer. Proteïen-gebaseerde entstowwe Die kandidaat Novavax, Sanofi en Bektop se entstowwe gebruik hierdie tegnologie. Hierdie entstowwe bevat gedeeltes van of virus proteïene of heel virus proteïene wat ‘n beskermende immuunrespons uitlok.

Is dit moontlik dat nukleïensuur- of virale vektor-gebaseerde entstowwe ‘n effek kan hê op die genetiese samestelling en werking van selle?

Nee, nie die wat nou ontwikkel is/word vir Covid-19 nie. Daar is ’n aantal entstowwe reeds in gebruik in ander lande, insluitend nukleïensuur/RNS- (Pfizer/Moderna) en proteïen-gebaseerde (Astrazeneka) entstof. Afgesien van beskikbaarheid, watter van hierdie beskikbare opsies sou u reken is die beste vir Suid-Afrika? Al die opsies sal in Suid-Afrika kan werk. Die koue ketting, prys (soos geskat op 1 Desember 2020) en dosis is egter ook baie belangrike faktore om in ag te neem. Moderna (2 dosisse, $37 elk, -20 oC); Pfizer and BioNTech (2 dosisse. $20 elk, -70 °C); Sputnik V (2 dosisse, $10 elk, +4 °C); Johnson & Johnson (1 dosis; +4 °C; 10$); AstraZeneca (2 dosisse, $4, +4 °C)

Met die nuwe variant (501.V2) van Covid-19 wat in Suid-Afrika versprei, hoe sou hierdie variant die effektiwiteit van immunisasie beïnvloed?

Volgens die WGO is daar tans geen aanduidings dat die variant enigsins ‘n betekenisvolle impak het op die vatbaarheid van die virus vir enige van die behandelings, medikasie of effektiwiteit van die entstowwe wat ontwikkel is/word nie. Die YouTube video van prof. Vincent Racaniello gee ‘n skitterende uiteensetting hieroor: https://www.youtube.com/watch?v=wC8ObD2W4Rk

Daar was in die afgelope week heelwat kritiek teen die regering se oënskynlike trae poging om entstowwe vir die land se populasie te bekom. Is hierdie kritiek geregverdig?

Ja, die onderwerp was baie ondeursigtig. Dis werklik jammer dat SA nie lankal al die hoogste erns gemaak het met die verkryging van entstowwe en ons op hoogte gehou het van al die verwikkelinge nie

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button