News

Covid-19: Só lyk die syfers nou vir Parys

Kommer oor dié dorpe

 

Mense besef steeds nie die erns van die gevaar van verspreiding van Covid-19. Dit sien jy oral op straat, veral ook waar mense in lang toue staan en wag.. Sosiale afstand word nie gehandhaaf nie. Maskers word nie te alle tye gedra sodat dit die mond en neus bedek nie.

Maar as jy na die prentjie kyk ook hier plaaslik, besef jy dat gevalle geweldig eskaleer sedert die laaste week in Desember, en dit styg steeds daagliks.  In die Fezile Dabi-distrik is daar nou daagliks meer as 100 gevalle.

In Ngwathe se vyf dorpe alleen was daar teen 10 Januarie 1 831 aktiewe gevalle waarvan 756 in Parys. Heilbron het 587 gevalle, Koppies 353, Edenville 54 en Vredefort 81. Sasolburg het reeds 2552 gevalle.

Die grootste probleme in die distrik word veral gesien in die dorpe Koppies, Heilbron, Sasolburg en Kroonstad waar gevalle drasties toeneem.

Onthou asseblief wanneer jy simptome het, of vermoed dat jy die virus het of wag vir toetsuitslae MOET JY SELF ISOLEER TOT JY SEKERHEID HET. ONTHOU TERWYL JY WAG OP SEKERHEID KAN JY IEMAND ANDERS MET KOMORBIDITEITE AANSTEEK EN SO IEMAND SE LEWE DALK KOS.

Gee asseblief jou korrekte besonderhede wanneer jy daarvoor gevra word. Foutiewe en vals inligting maak dat kontak opsporing nie effektief gedoen kan word nie. Op hierdie manier kan ook dit iemand se lewe kos.

Hospitale is reeds oorvol.

Só het die syfers in die Fezile Dabi-distrik op 10 Januarie gelyk:

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button