NewsNews

Verhoging in nasionale minimum loon steeds nie gefinaliseer nie

Verhoging van nasionale minimum loon steeds nie gefinaliseer nie

 

 

Hoewel die nasionale minimumloon-kommissie al in November verlede jaar aanbevelings gemaak het dat ‘n verhoging gelykstaande aan die September inflasiekoers plus 1,5% in 2021 van toepassing moet wees. is die finale besluit hieroor nog steeds nie gefinaliseer nie. Sou dit wel realiseer beteken die verhoging van tot 4,5% dat werkers, wat ook plaaswerkers sal insluit dan minstens R21,69 per uur moet verdien.

Die nasionale minimum loon sal boonop binne ‘n jaar ook huiswerkers insluit. Tot nou toe het huiswerkers en plaaswerkers minder verdien as die nasionale gemiddeld van R20,76 per uur. Plaaswerkers verdien tans 90% van die nasionale minimum loon, en huiswerkers 75% van die nasionale minimum loon.  (Bron: Netwerk24)

 

 

Related Articles

Back to top button