Beurtkrag is vanoggend (Vrydag 8 Januarie) vir eers gestop. Dit volg nadat Eskom vroeër aangekondig het dat beurtkrag nie oor die naweek toegepas sal word nie weens die verminderde vraag. Die week se beurtkrag is deur die kragreus gebruik om sy noodvoorraad op te bou omdat ‘n drastiese styging in die vraag na elektrisiteit volgende week verwag word namate al meer mense terugkeer werk toe . Mense is egter gevra om asseblief krag spaarsamig te gebruik.
You can read the full story on our App. Download it here.