BlogsEditor's noteOpinions

Oorledenes verdien meer respek

Die Herald het die afgelope twee weke berigte oor begraafplase in die omgewing gedoen wat in ‘n haglike toestand is. Behalwe vir die ou Fochville en Carletonville begraafplase waaroor berig is, het die Herald al in die verlede oor probleme by ander begraafplase soos dié in Khutsong en Kokosi ook berig. Baie van die mense …

Die Herald het die afgelope twee weke berigte oor begraafplase in die omgewing gedoen wat in ‘n haglike toestand is.

Behalwe vir die ou Fochville en Carletonville begraafplase waaroor berig is, het die Herald al in die verlede oor probleme by ander begraafplase soos dié in Khutsong en Kokosi ook berig.

Baie van die mense wat nou in die begraafplase begrawe is, was die bouers van ons dorpe. Hulle was nie net onder die besluitnemers wat die koers van die geskiedenis bepaal het nie, maar was ook die mense wat ons dorpe en area fisies gebou het.

Die huise, strate, geboue en sypaadjies waarop ons elke dag ry en stap, is deur diegene gebou wie se grafte die munisipaliteit nou so afskeep.

Inteendeel, indien dit nie vir die mense van alle kultuurgroepe in ons begraafplase was nie, sou ons area dalk so anders gelyk het dat baie van die huidige poste in die munisipaliteit en munisipale raad nie eens sou bestaan nie.

Met dit in gedagte is dit net reg dat ons meer respek vir die oorledenes in ons begraafplase, al is dit nie familie van ons nie, sal hê. Dit is ‘n skande dat baie van ons begraafplase in so ‘n slegte toestand is.

Hoewel die munisipaliteit vir die verval van areas rondom en tussen grafte verantwoordelik is, het die families van die oorledenes ook ‘n verantwoordelikheid om oorledenes se grafte in stand te hou.

Mag diegene wat ons dorpe en area gebou het, meer respek kry.

Related Articles

Back to top button