News

Oorstromings… en dit reën steeds

Oorstromings... en dit reën steeds

   

 

Terwyl dit steeds sous in die Vrystaat, is landerye en paaie in Noord-Vrystaatse dorpe soos Bultfontein, Hoopstad en Heilbron onder water. Vroeër is ook berig oor paaie wat tussen Wesselsbron en Bultfontein oorstroom is.

Die Valsrivier by Kroonstad was Sondagmiddag al in vloed.

Op 2 Januarie het swaar reën in die Wesrand en Vaaldriehoek gelei tot groot skade en in Krugersdorp het verskeie huise oorstroom toe 175mm reën binne 5 ure geval het. Reën word ook vir die res van die week voorspel en is daar talle boere wie se landerye oorstroom is

Baie het die watermassa as selfs erger as die 1988-vloede beskryf. Daar is reeds hulp gevra vir boere in die Hoopstad-distrik en kan mense Herman Meiring by 083 292 3427 skakel vir meer inligting oor die hulp wat benodig word.  

Related Articles

Back to top button