News

Oorstromings… en dit reën steeds

Oorstromings... en dit reën steeds

   

 

Terwyl dit steeds sous in die Vrystaat, is landerye en paaie in Noord-Vrystaatse dorpe soos Bultfontein, Hoopstad en Heilbron onder water. Vroeër is ook berig oor paaie wat tussen Wesselsbron en Bultfontein oorstroom is.

Die Valsrivier by Kroonstad was Sondagmiddag al in vloed.

Op 2 Januarie het swaar reën in die Wesrand en Vaaldriehoek gelei tot groot skade en in Krugersdorp het verskeie huise oorstroom toe 175mm reën binne 5 ure geval het. Reën word ook vir die res van die week voorspel en is daar talle boere wie se landerye oorstroom is

Baie het die watermassa as selfs erger as die 1988-vloede beskryf. Daar is reeds hulp gevra vir boere in die Hoopstad-distrik en kan mense Herman Meiring by 083 292 3427 skakel vir meer inligting oor die hulp wat benodig word.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button