News galleriesPhoto Galleries

Koepel grondeienaars gesels oor die pad vorentoe

Die Vredefort Toeriste Interpretasie Sentrum wat vir jare al ’n wit olifant en groot verleentheid vir regeringsowerhede is, is een van die punte van bespreking op Saterdag 5 Desember wanneer grondeienaars in die Vredefort Koepel om 08:30 ’n openbare vergadering by Stonehenge hou. Meer inligting oor wat Departement van Toerisme nou met die sentrum beoog, …

Die Vredefort Toeriste Interpretasie Sentrum wat vir jare al ’n wit olifant en groot verleentheid vir regeringsowerhede is, is een van die punte van bespreking op Saterdag 5 Desember wanneer grondeienaars in die Vredefort Koepel om 08:30 ’n openbare vergadering by Stonehenge hou.
Meer inligting oor wat Departement van Toerisme nou met die sentrum beoog, sal na verwagting tydens die vergadering gegee word, asook oor die tenderproses vir die herstel en beveiliging van die gebou sodat dit ’n bate vir toerisme in die Vredefort Koepel kan wees.
Die Departement Omgewingsake het intussen reeds vir mnr. M. Makgalo as die Vredefort Koepel projekbestuurder aangestel en grondeienaars word genooi om te kom luister na wat die pad vorentoe vir grondeienaars inhou.
Saterdag se vergadering word gehou deur die Departement Omgewingsake in samewerking met die Vrystaat Grondeienaarsvereniging, Noordwes Grondeienaarsvereniging en die Koepel Bewarea.
Punte onder bespreking op die agenda is die vordering van die stigting van die bestuursowerheid vir die Wêrelderfenisterrein, status quo van die inligtingsentrum, status quo van konsep regulasies, ontwikkeling van inligtingstekens, toespraak deur verteenwoordigers van die grondeienaarsverenigings en die rol van die Vrystaat en Noordwes Provinsiale regerings in die Vredefort Koepel gebied. ’n Gratis ete word na die tyd bedien.

Related Articles

Back to top button