NewsNews

DBV kom tot redding van apie in geroeste hok

DBV kom tot redding van apie in geroeste hok

Dit is steeds verbasend hoe ver die mens sal gaan om geld in die hande te kry. Die personeel van die Bloemfontein Diere Beskermings Vereniging was geskok toe hulle sien hoe iemand op Facebook ‘n apie teen R5 000 te koop aangebied het. Hulle het dadelik tot aksie oorgegaan en 150km ver gery om dié apie te gaan red.

In Tweespruit het hulle danksy die hulp van ‘n lid van die gemeenskap en die polisie daarin geslaag om die man en die apie op te spoor. Die man, so 21 jaar oud, het nog geslaap toe die polisie aan sy voordeur klop. Die apie is in ‘n handgemaakte, geroeste hokkie sonder enige kos en water gevind.

Die man wou glo die apie aan tradisionele dokters vir muti verkoop, maar na hulle nie soveel wou opdok vir die apie nie, het die man besluit om die apie op Facebook te verkoop. Die apie is tans in veilige bewaring by die Bloemfontein DBV. ‘n Saak van dieremishandeling gaan teen die man aanhangig gemaak word om te verhoed dat hy weer apies vang en probeer verkoop.

DBV kom tot redding van apie in geroeste hok

Related Articles

Back to top button