BlogsOpinions

As jy rigtingbeduiweld gebore is!

As jy rigtingbeduiweld gebore is!

 

Ek is mos rigtingbeduiweld gebore. Voete eerste in die wêreld ingekom en so het ek nog nooit geleer rigting hou nie.  So ‘n paar somers gelede wil ek vir my niggie in Mooinooi gaan kuier. Vlak voor twee die Vrydagmiddag vat ek die pad. Dit gaan vir ‘n ruk te lekker, maar so begin die verkeer optel en dit raak besig. TomTom hou my op die N1. Op ‘n stadium mik ek om by Roodepoort af te klim en Hendrik Potgieter uit te vat, maar ek bly in die verkeerde baan en beland uiteindelik weer op die N1. Ek besluit om TomTom maar te vertrou.

 

  Die verkeer word erger, die bane begin staan. Ek druk die alternatiewe roete knoppie en beland op die R101. Dit kan nie wees nie. In die stilstaan by ‘n verkeerslig, tik ek Mooinooi in. Skielik dui TomTom ‘n heel ander rigting aan. “Draai links,” kom die opdrag. Ek draai en raak paniekerig, want ek besef Diepsloot en spitstyd lê in my pad. Ek draai sommer links en weer links en beland weer op die N1. Gelukkig is ek naby ‘n vulstasie. Stop en oordink die situasie. In alle rigtings staan die verkeer stil. In Mooinooi gaan ek nie uitkom tot lank na donker nie. Terug in Vanderbijl gaan ek nie uitkom tot lank na donker nie. Bel toe maar ‘n vriendin in Rooihuiskraal vir oornag verblyf en kuier. By nadere ondersoek het dit geblyk dat ‘n adres in Centurion onder my niggie se naam op TomTom beland het.

 
https://vaalweekblad.com/83523/as-jy-rigtingbeduiweld-gebore-is/
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button