Die Vaal se water bokspring behoorlik ná 'n nat November en Desember, en milde reën op Nuwejaarsdag. Foto: LIezl Scheepers
Die Vaalrivier bokspring behoorlik na welkome reën wat gedurende November en Desember geval het.
Op die foto kan die laagwaterbrug na Gholfieland gesien word.
Op Nuwejaarsdag het reën mildelik deur die nag in Parys geval en is daar op 2 Januarie reeds 62mm reën vir 2021 vir die dorp gemeet. Swaar reën het ook die afgelope week in Vanderbijlpark en Vereeniging geval.
Teen Saterdagoggend is reeds 225 kumeks water per sekonde by die Barrage uitgelaat.
Die foto is net voor die hangbrug in Parys geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.