NewsNews

Jy kan nou tronk toe oor ‘n masker

Geen alkoholverkope

 

 

Die hele SA is met onmiddellike effek vanaf middernag vannag, Maandag 28 Desember, terug op vlak 3.

Maskers – Die dra van maskers in die openbaar is verpligtend en kan jy gearresteer word as jy sonder ‘n masker in die openbaar beweeg. Jy kan ook tronkstraf tot ‘n maksimum van 6 maande kry of ‘n boete of beide opgelê word.

 Vir 14 dae word alle binnenshuise en buitenshuise byeenkomste verbied, behalwe vir begrafnisse wat deur nie meer as 50 mense bygewoon mag word nie

Aandklokreël – Tussen 21:00 en 06:00 moet Suid-Afrikaners tuis wees, en alle nie-noodsaaklike persele soos winkels en restaurante moet gesluit wees teen 20:00. 

Drankverkope – Alle verkoop van alkohol word verbied en so ook die drink van alkohol op persele. Die verbod op drankgebruik in openbare plekke gaan voort, maar sal hersien word as infeksies daal. 

Strande, damme, mere, riviere, openbare swembaddens en parke in brandpunt gebiede gesluit. Nasionale en provinsiale parke waar daar toegangsbeheer is, sal egter oopbly. 

Regulasies sal oor drie weke hersien word, en bly die Vlak 3 regulasies van krag tot 15 Januarie. 

Daar sal met enkele uitsonderings gepoog word om die ekonomie oop te hou. 

Nagklubs en plekke wat alkohol verkoop sal egter nie kan bedryf nie. 

Brandpunt munisipaliteite sal bykomende maatreëls he 

 

President Ramaphosa het in sy toespraak geen doekies omgedraai toe hy gesê het dat Suid-Afrikaners nie by die maatreëls gehou het nie, en dat ons nou die prys betaal vir die ernstige gebrek aan waaksaamheid oor die feestyd. “Ons dra nie ons maskers nie, ons was nie hande nie, en ons handhaaf nie ‘n gesonde afsand nie.” Hy het veral verwys na sosiale byeenkomste waar die risiko hoog is en plekke dikwels swak geventileer en vo is. Hy het bygevoeg dat ‘n nuwe variant van die virus nou gevestig is in SA, en dat die land, soos ook elders in die wêreld drastiese maatreëls moet instel om die aantal infeksies te stuit.

 

Related Articles

Back to top button