20 jaar geledeBlogsNewsOpinions

Buurman skiet inbreker dood

Die Herald het weer oor ‘n verskeidenheid gebeure in sy uitgawe van 20 jaar gelede berig. Die manhaftige poging van ‘n man wat sy buurvrou tydens ‘n inbraak te hulp gesnel het, het daartoe gelei dat een van die inbrekers doodgeskiet is. Volgens ‘n woordvoerder van die polisie het me. Maria Cathrina Pieterse (54) van …

Die Herald het weer oor ‘n verskeidenheid gebeure in sy uitgawe van 20 jaar gelede berig.

Die manhaftige poging van ‘n man wat sy buurvrou tydens ‘n inbraak te hulp gesnel het, het daartoe gelei dat een van die inbrekers doodgeskiet is.

Volgens ‘n woordvoerder van die polisie het me. Maria Cathrina Pieterse (54) van Vleistraat 23 in Oberholzer, die vorige Vrydag omstreeks 01:30 van geluide in haar huis wakker geword. Sy het vermoed dat dit inbrekers was en haar buurman, mnr. Piet van Niekerk van Vleistraat 20, om hulp geskakel. Mnr. Van Niekerk was reeds buite in me. Pieterse se erf toe hy gesien het hoe twee mans by een van haar huis se vensters uitspring en op die vlug slaan. Volgens die polisie het Van Niekerk ‘n waarskuwingskoot in die lug gevuur. Die verdagtes het nie hierop gereageer nie en nog ‘n skoot het een van die vlugtende mans na bewering in sy regterskouer gewond.

Six men and another 30 were injured, four seriously, at Deelkraal Gold Mine’s hostel complex as employees clashed riotously. Deelkraal management reported that violence flared up the previous Monday night and Tuesday morning, with clashes occurring between employee groupings on surface as well as underground. Mr Aalwyn Grobler, chief personnel officer, said it was thought a kitchen boycott in which one group was preventing employees from eating, was responsible for the violence.

Oorweldigende reaksie is vanuit die gemeenskap ontvang na aanleiding van ‘n berig oor petisielyste waarmee inwoners van Carletonville hul deposito’s vir krag- en waterrekenings terugeis. Die organiseerder van die petisie, mnr. Bart Visser, het gesê hy is oorval met oproepe van mense wat hulle steun aan die petisie wou gee. Hy het gesê daar was al meer as 500 handtekeninge van huiseienaars en huurders gewerf.

Die Herald het ‘n klag van opsetlike saakbeskadiging teen die verkeersafdeling van Carletonville teruggetrek, nadat van die betrokkenes hul verskoning aangebied het. Die klag is aanhangig gemaak na lede van die verkeersafdeling die Herald se plakkate op Donderdag, 16 Februarie afgeruk het. Twee van die betrokkenes het namens die afdeling hul verskoning teenoor die Herald aangebied. ‘n Rekening vir die plakkate wat vernietig is, sou ook aan die afdeling gestuur word om vereffen te word.

Chaos het die vorige Sondagaand geheers toe twee kettingbotsings binne 30 minute op die Johannesburg/Potchefstroompad plaasgevind het. Die pad was vir ongeveer ‘n uur gesluit terwyl verkeersbeamptes, lede van die polisiediens en die nooddienste van Fochville die beseerdes en motorryers gehelp het. Volgens die polisie was hulle teen omstreeks 19:50 besig met ‘n ongeluk naby die Deelkraal afrit nadat ‘n motoris glo ‘n vragmotor wou verbysteek en toe reg van voor teen ‘n ander motor gebots het, toe die tweede ongeluk gerapporteer is. Nog twee motors het in die wrakke vasgery.

Twintig leerlinge van die Carletonville-omgewing het die uitsonderlike prestasie behaal om in die eerste veelrassige Wesrand (Zone A) laerskole atletiekspan ingesluit te word. Intussen het Fochville na afloop van die wêreld karatekampioenskappe in Amerika met ‘n nuwe wêreldkampioen gespog. Chrisna Swart van die Fochville JKF Karateklub het dié uitsonderlike prestasie behaal na sy die kunite meisies o.14 gewen het.

Related Articles

Back to top button