Wag vlak 2 dalk vir Suid-Afrikaners?

Stygende getalle wek kommer

   

 

President Cyril Ramaphosa het vamiddag (Sondag 29 Desember) met die nasionale koronavirus-bevelsraad vergader oor die toenemende styging van die infeksiesyfer wat ook nou in ander provinsies in die land gesien word. Daar was die afgelope week reeds bespiegelings dat dokters glo die regering sou  gevra het om weer terug te beweeg na vlak 2 inperkingsregulasies om die druk op hospitale te verlig. Een van die vrese wat bestaan, sou dit gebeur, is dat regulasies vir drankverkope dalk weer geraak mag word,  en so ook moontlik regulasies oor die hoeveelheid mense by byeenkomste. Daar word ook reeds in verskeie bronne bespiegel oor die nodigheid van die sluiting van landsgrense. Wêreldwyd is daar nou reeds 81 miljoen infeksies, en is 1,75 miljoen mense reeds dood aan Covid-19. Die lande met die meeste infeksies tans is Indië, Brasilië, Rusland, Frankryk, Brittanje, Turkye, Italië, Spanje en Duitsland  

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button