News

Kuier veilig saam met vriende in Feestyd

Kuier veilig saam met vriende in Feestyd

Ja, ja ek weet almal is al keelvol vir die hele pandemie … maar die realiteit is dat jy dit nie net eenvoudig kan ignoreer as jy jou gesin se veiligheid wil verseker nie.

Die eerste belangrike faktor is natuurlik dat familie en vriende in kleiner getalle moet kuier. Hou in gedagte dat jy nie weet met wie jou gaste gemeng het voordat hulle by jou woning opgedaag het nie – gee dus maar gehoor aan “social distancing”. ‘n Paar ander belangrike punte sluit in:

  • Al het jy hulle hoe gemis, vermy drukkies en soentjies en natuurlik die gebruiklike handdruk vir die manne. Sorg dat hulle dadelik hul hande reinig sodra hulle by jou woning opdaag.
  • Vra jou gaste om nie hul maskers in die huis te laat rondlê nie, maar eerder in hul sakke te hou wanneer hulle dit wel afhaal.
  • Hou die vensters en deure oop vir ventilasie.
  • Saniteer besige areas soos die kombuis en badkamer gereeld, asook handvatsels van deure wat gereeld oop en toe gemaak word.
  • Dra ‘n masker terwyl jy kosmaak en vra een persoon wat ‘n masker dra om die kos te bedien aan die ander rondom die tafel.
  • Eetgerei en borde moet so gou moontlik weer gewas word na gebruik. Die ander alternatief is om telkens weggooibare eetgerei en papierborde te gebruik.
  • Vervang die gaste handdoek met weggooibare papierhanddoeke.
  • Kuier eerder buite indien moontlik.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button