NewsNews

Koster-inwoners bestuur dalk eie water- en riooldienste

Hof beslis in inwoners se guns oor munispaliteit se riool- en watervoorsienings probleme.

Dienslewering is lank reeds ‘n groot kopseer in talle dorpe, maar vir inwoners van die dorpe Koster, Swartruggens en Derby, mag daar dalk nou uiteindelik verligting wees vir hul  stryd met munisipale water- en riooldienste. Dit ná ‘n hofbeslissing deur regter F.S. Gura, in die hooggeregshof in Mmabatho, waar dié inwoners se dringende aansoek om self die water- en riooldienste te bestuur, goedgekeur is. Die goeie nuus hiervan is dat die bevel die deur nou oopmaak vir ander sukkelende munispaliteite se inwoners om dienste oor te neem, het Susan Cilliers vir Netwerk24 berig. Regter Gura het die Kgetlengrivier-munisipaliteit wat aan die stuur van dié dorpe staan, net tien dae gegee om die voortslepende water- en rioolkwessies uit te sorteer. Sou dit nie gebeur nie en inwoners dan self ingevolge die hofbeslissing die dienste bestuur, sal die plaaslike en distriksmunispaliteit en die provinsiale binne redelike perke vir die koste van die dienslewering moet instaan. ‘n Nuwe rioolaanleg is reeds voltooi vir Koster maar moet nog oorhandig word, terwyl gebou word aan ‘n nuwe aanleg vir Swartruggens, is in die hof gehoor.  Daar is al in Junie belowe dat die rioolprobleme opgelos sou word, maar het dit tot dusver nie gebeur nie.

Net soos in die geval van Parys, sit dié dorpe ook knaend vir dae aaneen sonder water. Regter Gura het gelas dat die tussentydse bevel permanent gemaak kan word as die respondente nie vroeg in 2021 voldoende redes kan gee waarom die bevel nie permanent moet geld nie.

Regter Gura het boonop gelas dat die munisipale bestuurder, mnr. Joseph Mogale, 90 dae gevangenisstraf moet uitdien as die stort van rioolvuil in damme en rivier en die omgewing nie ophou nie. Dit geld ook vir sou die gebrekkige watervoorsiening in Koster en Swartruggens nie verbeter nie. Gura het ook in die uitspraak gesê die respondente is verantwoordelik vir die regskoste van die dringende hofaansoek. DiIe respondente  sluit in die LUR vir omgewingsake in Noordwes, die minister van omgewingsake , die minister van water en sanitasie, die Bojanala distriksmunisipaliteit, Mogale self en die Kgetlengrivier munisipaliteit.

Andreas Peens, ‘n plaaslike prokureur, en adv Danie Wijnbeek het namens die inwoners opgetree.

Lesers sal ook onthou dat Andreas Peens en adv. Danie Wijnbeek, saam met Lou van Wyk as opdraggewende prokureur ook deel was van die regsspan wat vroeër betrokke was by die dringende hofaansoek van die Vaal River Development Association (Parys Besigheids- en Ontwikkelingsforum) en die Lekwa Belastingsbetalersvereniging wat teen Eskom gebring is om gedwonge munisipale rotasie beurtkrag stop te sit.

 

Related Articles

Back to top button