NewsNews

Kersvader is hier vanaand!!! Kom kuier saam tot laat in Parys se hoofstraat

Jy mag dit nie misloop nie - kom koop en kuier vanaand saam in Parys

 

 

Kersvader is hier vanaand, Vrydag 18 Desember, tussen 18:00 en 20:00 in Parys se hoofstraat (Breëstraat). Bring die kinders en kom pos self jou briefie vir die man met die wit baard, of kom neem ‘n foto saam met hom. Daar is niks wat ‘n kind se verbeelding so kan aangryp nie! En onthou die koekies en melk want Kersvader het ‘n lang nag voor hom.

 

DIt is die ideale geleentheid om die naweek sommer met iets opwindends te begin, want vanaand kan jy die hele gesin bring en van 17:00 tot laat rustig kom stap van winkel na winkel. ‘n Paar oulike Kersgeskenke kry betyds vir die Kerskous, of sommer ietsie moois vir die Kerstafel.

Of jy kan by een van die vele restaurante iets lekkers kom geniet. Daar is ‘n verskeidenheid te kies en te keur vir elkeen se smaak. Liggies, baie winkels, heerlike kos, lekker musiek – wat meer kan jy vra. Na ‘n rowwe paar maande is hierdie dalk net wat jy nodig het vanaand!!! Sien jou in Parys se hoofstraat vanaf 17:00 – kry jou rugsak en tekkies reg want hier gaan jy lekker kuier.!!!  

HIerdie lekker laatnag kuier in Parys se hoofstraat is ‘n inisiatief van ‘n groep sakevroue van Parys bekend as We do deals in Heels. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button