Entertainment

Kwaggabees: ‘Op ’n manier wou ek ouers se seerkry verwoord’

Kwaggabees: ‘Op ’n manier wou ek ouers se seerkry verwoord’

   

Die nuutste enkelsnit van sanger en liedjieskrywer, Kwaggabees, is pas vrygestel. “Anderkant die Hemel” is sy laaste enkelsnit vir 2020 en gaan oor vertroosting na die dood van ‘n kind. Die treffende musiekvideo is sowat drie weke gelede in Heroldsbaai geskiet en is reeds op YouTube vrygestel. Binnekort kan dit ook op KykNet gesien word. Wanneer dit by pynlike, emosioneel belaaide lirieke kom wat in sy musiek verwoord word, deins hierdie boorling van Parys nie terug nie.

Sy nuutste enkelsnit “Anderkant die hemel” is deel van ‘n drieluik wat onderwerpe soos die dood van ‘n kind, verlies en pyn aanspreek. Hoewel Kwaggabees bekend is vir sy unieke rockklanke, spreek sy veelsydigheid uit treffende ballades met ’n boodskap van hoop.

Sy vorige twee enkelsnitte, “Skadu’s wat dans” en “Crazy Mal oor jou” vertel die ware verhaal van een van die kleinste babas, Meyer, wat tot nou in Suid-Afrika gebore is. Hy het net 650g by geboorte geweeg. Anderkant die hemel, sy nuutste enkelsnit, raak weer die dood van ‘n kind aan – wat niemand wat nog nie deur daardie rouproses gegaan het, sal verstaan nie. “Ek het nog nie ‘n kind aan die dood afgestaan nie, maar op ‘n manier kon ek ouers se seerkry in die liedjie verwoord,” sê Kwaggabees. “Anderkant die hemel” is gedurende die grendeltyd gebore. “Die tydperk het my na my pen en kitaar gedryf. Die liedjie het net skielik uit my geborrel.

Ek het nie regtig geweet waaroor dit gaan nie – toe besef ek dat die liedjie ook gegrond is op ‘n ware gebeurtenis.” Meer oor Kwaggabees: Kwaggabees se musiekloopbaan het in Parys begin en sedert 2012 is hy ’n bekende by feeste en op groot verhoë regoor die land. Sy eerste album is in 2014 bekroon met ’n Ghoema-nominasie vir Beste Alternatiewe album. In 2016 bring hy sy tweede album, “Dans dans”, uit.

Die musiekvideo van sy vorige enkelsnit, “Skadus wat dans”, is in Januarie vanjaar in Parys verfilm in ’n leë pakhuis by Basa Park. In die video kon die talentvolle Mizelle Terre’Blanche, ook ‘n Parysenaar, gesien word waar sy ballet in die skadu voor die muur om ook gestalte te gee aan die beeldspraak in die lied.    

Related Articles

Back to top button