CommunityNewsNews galleriesPhoto Galleries

Rotary kyk terug op ’n jaar met vele bydraes vir gemeenskap

Parys Rotaryklub het verlede week die jaar afgesluit met ’n  geselligheid waartydens die klub ook sy algemene jaarvergadering gehou het. Daar is teruggekyk op ’n jaar met vele hoogtepunte waarmee op verskeie terreine ’n bydrae in die gemeenskap gemaak is. Van die projekte wat met groot sukses aangepak is, het ingesluit: * R4 500 se …

Rotary lede kuier gesellig saam tydens die klub se jaarafsluiting.
Rotary lede kuier gesellig saam tydens die klub se jaarafsluiting.

Parys Rotaryklub het verlede week die jaar afgesluit met ’n  geselligheid waartydens die klub ook sy algemene jaarvergadering gehou het.
Daar is teruggekyk op ’n jaar met vele hoogtepunte waarmee op verskeie terreine ’n bydrae in die gemeenskap gemaak is.
Van die projekte wat met groot sukses aangepak is, het ingesluit:
* R4 500 se mediese toerusting wat aan die vrywilliger nood mediese bystand diens in Parys, Community Care, geskenk is.
* Tien 2-rigting radio’s wat aan Landelike Gemeenskap Veiligheid, ook ’n  vrywilliger organisasie in Parys, oorhandig is vir hul beurtwag-inisiatief om die polisie te help met die bekamping van misdaad.
* Die borg van 6 titelaktes ter waarde van R12 000 vir die Khaya Lam Projek van die Free Market Foundation waarmee inwoners van Tumahole nou vir die eerste keer ook huiseienaars geword het.
* Die Tom’s Shoes Project waarvoor meer as 600 pare skoene geskenk is vir verskeie skole in die Parys en Vredefort distrikte.
* Meer as 300 komberse wat gedurende die winter in die Parys en Vredefort distrikte versprei is.
* Die Valentys pretloop wat by Vaal de Grace aangebied is om fondse in te samel vir die Beertjie-klas by Parys Primêre skool. Die klas is vir leerders met spesiale leerbehoeftes.
* ’n  Braai vir inwoners van Sally Martin Park.
* Parys Rotary was vanjaar gasheer vir die RYLA Youth Camp vir die distrik.
* Het ’n  Interact Club vir Junior Rotariërs by die Weiveld Landbou- en Hotelskool begin. Kinders tussen 12 en 18 kan deel wees van die Interact Club wat sake van gemeenskapsbelang aanspreek, leierskap vaardighede ontwikkel en skakel met ander internasionale orgasisasies.
* Hulp word weekliks verleen by die Parys parkrun en daar word aktief gehelp om die Vaalrivier oewer skoon te hou.
Klubpresident Colin Benjamin het al die lede en die gemeenskap bedank sonder wie hierdie projekte nie moontlik sou wees nie. Hy het die versekering gegee dat elke projek ’n  verskil gemaak het vir die mense daarby betrokke.

Foto:
Rotary lede kuier gesellig saam tydens die klub se jaarafsluiting.

Related Articles

Back to top button