NewsNews

Laaste uitgawe vir 2020

Ons webblad hou jou steeds ingelig

Vandag, Donderdag 17 Desember, verskyn die laaste uitgawe van Parys Gazette vir 2020.

Die eerste Gazette vir 2021 sal op Donderdag 14 Januarie in jou posbus wees.

Ons sê dankie aan elke leser en adverteerder wat elke spog uitgawe hierdie jaar moontlik gemaak het. Dit is ‘n gemeenskap soos dié van Parys wat verseker dat ‘n gemeenskapskoerant steeds ‘n plek het. Jou koerant vir jou dorp.

Onthou dat jy steeds daagliks al die nuus uit jou gemeenskap  gratis selfs in die Feestyd op Parys Gazette se webblad (www.parysgazette.co.za) asook op Gazette se Facebook-blad kan lees. 

Ons wens u elkeen tyd saam met u geliefdes toe oor hierdie Kerstyd in besonder hierdie jaar wat ons geleer het om te waardeer wat ons het.

Reis veilig en ons bede is dat u elkeen gesond sal wees en dat 2021 net die mooiste sal inhou vir elkeen van u. – Gazette span

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button