Aardklop feesganers op die feesterrein. Foto: Verskaf
Aardklop is opgewonde om die feesdatums vir 2021 bekend te maak.
“Ten spyte van die onsekere realiteit waarin ons onsself bevind, is daar tog lig aan die einde van die kunstetonnel”, sê Alexa Strachan, Aardklop se hoof uitvoerende beampte.
Aardklop word oorval met navrae vanaf hoopvolle kunstenaars, stalletjiehouers en feesgangers en na suksesvolle gesprekke met die NWU, is volgende jaar se kunstefees van 28 September – 3 Oktober vasgestel.
“Aardklop bly ’n bestemmings- en gesinsfees en dit is van kardinale belang dat die fees plaasvind tydens die skool- en NWU-vakansie. Die NWU se venues en ander fasiliteite bly die kern waarom die fees beplan word, saam met skool- en hotelsale. Ons nooi dus feesgangers uit om die datums neer te pen, want einde September lei alle paaie na Potchefstroom,” sê Strachan.
Prof. Daryl Balia, voorsitter van Aardklop se direksie en adjunk-visekanselier van die NWU se Potchefstroomkampus sê: “Die NWU is ongelooflik trots en opgewonde oor die vennootskap met Aardklop. Die fokus is om ‘n platform te bied aan die beste artistieke werk tydens hierdie uitdagende tye waarin ons onsself bevind. Hierdie is ’n vennootskap wat jare gelede reeds gevestig is en werklik ‘n wonderlike energieke bydrae tot die kultuur van beide ons stad en die provinsie lewer. Kom ons vat hande en ondersteun hierdie kunstefees en die heerlike vermaak wat dit vir die hele gesin bied. Talle produksies word beplan vir die komende jaar, en ons sien met afwagting uit na 28 September 2021 wanneer die Aardklop Nasionale Kunstefees afskop!”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
December 17, 2020
Vanessa van der Westhuizen, Potchefstroom Herald
1 minute read
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.