NewsNews

Hou die koekieblik vol

Die skoolvakansie is bitter lank.

 

As jy nou al wonder hoe om die magies vol te hou wat knaend soek na iets om aan te peusel – maak betyds seker die koekieblik bly vol. Koekies is immers deel van die Kerstradisie. Hier is ’n paar eenvoudige koekieresepte waarvan die kinders en jou Feestyd-kuiergaste beslis sal hou:

Hawermout- en heuningkoekies

Bestanddele:

* 1 ½ koppie hawermout

* ¼ koppie heuning

* ½ koppie bruin suiker * 1 eier

* 3 eetlepels botter teen kamertemperatuur

* ½ koppie volkoringmeel

* ½ teelepel sout * ½ teelepel koeksoda

* 1 eetlepel water

* Choc chips/rosyntjies of neute (opsioneel)

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.

2. Spuit bakpapier met kossproei om te keer dat die deeg vassit.

3. Klits die botter, bruin suiker, heuning, eier en water goed saam. 4. Sif nou die droë bestanddele en roer die hawermout by.

5. Voeg die droë bestanddele by die bottermengsel en meng goed deur.

6. Voeg dan die opsionele bestanddele van jou keuse by.

7. Skep opgehoopte teelepels van die koekiemengsel op die bakpapier.

8. Bak 12 tot 15 minute en laat dan afkoel op ‘n afkoelrak.    

 

 

 

Grondboontjiekoekies

Bestanddele

* 250g botter

* 500ml suiker

* 2 eiers geklits

* 125ml grondboontjiebotter

* 10ml koeksoda

* 25ml melk

* 5ml vanieljegeursel

* 500ml koekmeel gesif

* 500ml hawermout

* 500ml klapper

* 500ml Corn Flakes * 30ml Bessiekonfyt

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.

2. Room die botter en suiker.

3. Voeg nou die geklitste eiers by.

4. Voeg die grondboontjiebotter by en meng goed.

5. Los die koeksoda in die melk op en roer die vanieljegeursel by. Voeg dan by die bottermengsel en meng goed.

6. Voeg nou die oorblywende droë bestanddele by die bottermengsel en meng goed.

7. Vorm nou balletjies van die mengsel en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat en druk die balletjies plat met ’n vurk.

8. Sit ’n kwart teelepel konfyt op elke koekie.

9. Bak 10-15 minute tot goudbruin en gaar.

10. Sodra gaar keer uit op ‘n afkoelrak en laat afkoel. Plaas dan in ‘n lugdigte houer. V

 

Vakansie-koekies

Bestanddele:

* 1 koppie Jungle Plus Original

* 1 koppie bruismeel

* 15ml gemaalde kaneel

* 1 eiergeel geklits

* 1 eetlepel gerasperde gemmer

* 1 eetlepel koeksoda

* 75g ligte bruinsuiker

* 30ml melk

* 100g stroop

* 80g botter

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.

2. Smelt nou die botter in ‘n pan en roer die suiker, gemmer en stroop by en laat dan die mengsel afkoel.

3. Meng nou die hawermout, meel en koeksodat by die afgekoelde suikermengsel.

4. Voeg laastens die eiergeel by en knie die deegmengsel.

5. Rol nou die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit totdat dit 3mm dik is.

6. Sny die deeg in vorms van jou keuse.

7. Plaas op ’n bakplaat bedek met bakpapier.

8. Bak 7-10 minute tot goudbruin.

Resepte verskaf deur die MSL Groep

 

Related Articles

Back to top button