NewsNews

“My pa was my ‘hero’ – ons gaan hom so baie mis”

Ons salueer jou luitenant-kolonel Duvenage

     

Sy stem is stil, sy plek leeg, maar in die harte van sovele sal die herinneringe aan luitenant-kolonel Koos Duvenage bly voortleef. Luitenant-kolonel Duvenage is op 6 Desember in die ouderdom van 69 jaar oorlede. Die roudiens is op 12 Desember vanuit die NG Vaalrivier-gemeente in Vanderbijlpark gehou.

Luitenant-kolonel Duvenage het vir 43 jaar in en om Parys gebly en was vir 10 jaar bevelvoerder van die Parys Kommando. So was ‘n groot deel van sy gewy aan die weermag en die kommando – ook as soldaat in die grensoorlog. In die beginjare toe hy hom op Parys gevestig het, het hy rugby gespeel vir die dorp, en was hy die laaste 5 jaar as kontrakteur betrokke by sy skoonseun se onderneming EB Trading. Hy was iemand wat graag ander sou help. Vir hom was niks té veel gevra nie.

Hy was ‘n mentor vir baie en baie geliefd onder hulle met wie sy pad gekruis het. Sy kleinseun was die afgelope 13 jaar ‘n onlosmaaklike deel van sy lewe  en het hulle ‘n spesiale band gehad veral as oupa en kleinseun saam sit en rugby kyk of rugby gespeel het. Hy’t diep spore in baie mense se lewens getrap.

“”Almal was altyd welkom en sou hy altyd sorg vir ‘n stewige ontbyt. Daar is so baie dinge wat ek van hom sal onthou. Ek sal bladsye vol kan skryf,” het sy dogter, Elma gesê.

Luitenant-kolonel Duvenage word oorleef deur Elma, sy skoonseun Stefan, en kleinseun Ferreira, asook sy broers Hennie, Piet en Jaap.    

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button