NewsNews

Vulstasie roof: Polisie soek na ooggetuies

Soos ’n toneel uit ’n goeie aksiebelaaide wilde weste rolprent, het vier mans met klapmusse en handwapens Saterdagoggend in die vroeë oggendure by die winkel by die Sasol Sabre vulstasie oorkant Legends in Breëstraat ingestorm en die vulstasie beroof.

Soos ’n toneel uit ’n goeie aksiebelaaide wilde weste rolprent, het vier mans met klapmusse en handwapens Saterdagoggend in die vroeë oggendure by die winkel by die Sasol Sabre vulstasie oorkant Legends in Breëstraat ingestorm en die vulstasie beroof.
Die rowers het die twee vroue petroljoggies wat aan diens was en die kassier in die winkel beveel om op die grond te lê en agter ’n rak in te skuif.
Hulle is toe dadelik na ’n geldkluis waar probeer is om die kluis met ’n  ysterstaaf oop te breek. Toe hulle nie regkom nie, het hulle die kluisdeur met plofstof oopgeskiet.
Terwyl daar gespook is om die kluis oop te kry, het twee van die mans uitbeweeg. Dis hier op die rybaan waar ’n  niksvermoedende kliënt hom in een van die rowers vasgeloop het en toe maar blitsig omgedraai en die hasepad gekies het.
Die rowers het duidelik presies geweet wat hulle wou hê en waar om dit te kry – dit terwyl dit oorkant die straat nog die ene bedrywigheid was met die kuierplek oorkant die straat wat toe nog oop was.
Nadat daar wel daarin geslaag is om met die plofstof die kluis oop te kry, is die geldhouer uit die kluis gevat en het die rowers per motor gevlug.
Die erg getraumatiseerde personeel het toe die paniekknoppie gedruk waarop Parys Sekuriteit, die polisie en nooddienste hulle na die toneel gehaas het, het die vulstasie-bestuurder, Pieter van Niekerk, kort na die voorval aan Gazette vertel.
Niemand is in die roof beseer nie en slegs die geld in die kluis is gevat. Daar is nie aan die OTM’s of selfs die kasregister geraak nie.
Die polisie het teen Gazette se druktyd nog gesoek na enige ooggetuies van die roof. Veral inligting oor die registrasienommer van die voertuig waarmee die verdagtes gevlug het, asook die kleur en model van die voertuig is baie belangrik  en kan deurgegee word aan speur adjudant-offisier Brian Jansen van Rensburg by (056) 816 2536 of 083 518 2535.

Related Articles

Back to top button