NewsNews

Vonnis van 5 eers in 2021 gehoor

Hofverrigtinge sloer reeds vyf jaar

 
 
Hofverrigtinge vir die indien van getuienis oor ‘n voorvonnisverslag vir Loedie van der Westhuizen, korrektiewe toesig verslae vir Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Jansen van Vuuren, en slagoffer-impakverslae vir die oorledenes se familie sal nou eers op 11 en 12 Januarie in die Hoë Hof in Parys voorgehou word.
Die voorvonnisverrigtinge wat vandag (14 Desember) sou begin het, moes vanoggend via ‘n vlugtige virtuele hofsitting saam met regter Corné van Zyl, uitgestel word weens regter Van Zyl se ongesteldheid.
 
Regter Van Zyl het vroeër vanjaar al vyf die beskuldigdes, skuldig bevind aan aanranding  na die dood van  Tumelo Simon Jubeba en Samuel Tjixa, terwyl Loedie van der Westhuizen Jr ook skuldig bevind is aan ‘n klag van regsverydeling. Boeta wat ook van regsverydeling aangekla was, is egter  onskuldig bevind op dié klag.
Die staat het in sy saak aangevoer dat die Beskuldigdes vir Tjixa en Jubeba na bewering  sodanig sou aangerand het op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hul kort daarna aan hul beserings beswyk het in die Parys en Pelenomi-hospitale onderskeidelik.
 
Tjixa en Jubeba is deur ‘n groep mans aangekeer na ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen (sr.) op die plaas Biesiesbult, nadat verskeie boere op die noodroep gereageer het. Loedie van der Westhuizen Sr is intussen oorlede.
 
Dit was uiteindelik die getuienis van ‘n afgetrede patoloog, prof. Jan Botha, wat vir die verdediging getuig het, wat die staat se getuienis op sy kop gedraai het.
Regter Van Zyl het gesê prof. Botha se getuienis was onbetwisbaar en was dit wat hy getuig het in skerp kontras met wat deur die 204 getuies gesê is.
Prof. Botha moes sy getuienis suiwer baseer op die nadoodse verslae, fotos en ander getuienis wat toe reeds voor die hof gehou was, en was dit uit sy getuienis duidelik dat die oorledenis kon sterf weens onvoldoende mediese hulp en die ernstige beserings wat hul moontlik kon opdoen in hul reeds beseerde toestand toe hulle oor ruwe terrein van die plaas Swartklip met ‘n polisievangwa vervoer is om die ambulans langs die pad te ontmoet wat hulle verder sou vervoer.
 
Botha het destyds getuig dat die manier hoe die twee mans na die beweerde aanranding van die toneel vervoer is, beslis hul dood kon veroorsaak het of hul beserings so kon vererger het dat dit noodlottig kon wees. Hy het talle aspekte rondom die beserings uitgewys wat nie versoenbaar was met wat in die hof getuig is nie.
Daar was ernstige tekortkominge in die staat se kettinggetuienis, en kon gemeenskaplike doel ook nie deur die staat bewys word nie.
 
 
Dawie Reyneke van die Regshulpraad het Maandag namens die verdediging, maar ook in belang van geregtigheid, op rekord geplaas dat die Staat aangedui het dat hulle met die volgende sitting in Januarie vir uitstel gaan vra vir die volledige uitspraak.  Die finansiële impak daarvan is alreeds groot op die beskuldigdes. Slegs ‘n verkorte weergawe van die volledige uitspraak is in Mei deur regter van Zyl met haar uitspraak in die hof voorgelees ter wille van streng beperkings wat toe nog met vlak 4 inperkingsregulasies ook in howe gegeld het, en uitdagings ten opsigte van hofsittings gebied het.
 
Regter Van Zyl het aangedui dat sy bykans gereed is om die volledige uitspraak aan alle partye beskikbaar te stel.
 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button