News

Gedeelte van dak stort ineen by sentrum

Enorme skade ná storm

 

 

 

 

‘n Gedeelte van die dak voor die Palm Gate-sentrum in Philipstraat, Parys het Sondagaand 13 Desember net voor 19:00 ineen gestort terwyl ‘n swaar reënstorm in die dorp gewoed het.

Toegang na die Kitchen Gossip winkel asook die winkel reg langsaan is deur die bourommel versper en het mense Maandagoggend vroeg al op die sypaadjie saamgedrom om te kyk na die skade.

 

 

 

 

 

Volgens Matthes Phantsi, bestuurder van Eagle Eye Security wat 24 uur patrollies by die sentrum doen, wou twee van die maatskappy se sekuriteitspersoneel, William en Pule, net die straat kruis om weer voor die sentrum te patrolleer, toe die dakgedeelte voor hul oë ineen stort.

Wonderbaarlik is niemand in die voorval beseer nie. Bedags is daar heelwat voetgangers wat op die sypaadjie voor die sentrum verby beweeg en is daar groot dankbaarheid dat die voorval nie gedurende die dag gebeur het nie.

Swaar reën, wind en selfs hael en sedert verlede Donderdag in Parys geval het, en is skade ook aan verskeie bome aangerig, onder meer langs Breëstraat en in Fouchestraat, terwyl talle inwoners ook weerligskade aan elektriese toestelle gehad het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button