News

Omgeeharte gee vir Projek met hart

Omgeeharte gee vir Projek met hart

   

 

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) Parys het op die ingewing van die oomblik besluit om ‘n weeklange projek te loods waar gevra is vir toiletware vir hulle waar die nood die grootste is. Aanvanklik is beoog om net sowat 50 pakkies op te maak. “Die mense van Parys het al deur die jaar soveel gegee en omgee gewys dat ons nie té veel wou vra nie. Maar weer eens het Parys se mense ons verras en ons stoutste verwagtinge oortref. Met die eerste twee oproepe wat ontvang is, het ons reeds ons mikpunt bereik. “Deur die week het daar pragtige donasies ingekom wat ons so dankbaar laat voel het. Vrydagoggend is daar ‘n vrag toiletware en nie-bederfbare produkte afgelaai deur ‘n persoon/gesin wat anoniem wil bly.”      

Parys Christelike Skool en leerders van Noag se Arkie het ook ‘n groot bydrae tot Projek met Hart 2020 gemaak. Foto: Verskaf

 

Saam met al die toiletware en bederf was daar ook ‘n belofte van ‘n houer vol bybels. Personeel van Dome Primary het hande gevat en gehelp, en Parys Christelike Skool en Noag se Arkie se leerders het ook ‘n groot bydrae gemaak. “Ons hier by VVA Parys staan in verwondering oor hoe Parys se mense met hul hart en sonder vrae kan gee. Baie dankie vir elke bydrae, klein of groot. Ons sal sowat 150 pakkies in Parys kan uitgee en ‘n verskil kan maak waar dit die nodigste is.”.    

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button