NewsNews

Kunstige Tarina bekroon as een van Mall se Kerskompetisie-wenners

"Ek wou iets maak wat mense sou laat glimlag.""

   

 

Tarina Naude van Parys is  aangewys as een van Vaal Mall se Kerstafel versiering-kompetisie wenners. Vanjaar het beoordelaars die moeilike taak gehad om drie wenners uit die 26 inskrywings te moes aanwys, maar het Tarina se inskrywing beslis iets van die feestelikheid van Kersfees oorgedra waarna die beoordelaars op soek was.

Tarina vertel dat sy onder die naam van haar onderneming, Sweet Insanity Custom Cakes, ingeskryf het.

Enige tipe tafelversiering kon ingeskryf word en het die koek wat sy vir die Kerstafel ingeskryf het, iets mooi vir elkeen wat aan die Kerstafel sit, gehad om na te kyk – van die “Grinch”wat Kersfees gesteel het, tot  geskenke, sneeumanne en bome met liggies.

 

Sy wou hê dat haar inskrywing iets moes hê wat mense weer sou laat glimlag, iets wat die siel opbeur in hierdie uitdagende tye. Haar kreatiwiteit en kunstigheid is beloon met R2 000 prysgeld.  

Tweede van links agter  is Tarina Naude wat as een van die wenners aangewys is van Vaal Mall se Kerstafelversiering kompetisie. Foto: Verskaf

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button