NewsNews

Bykans 4 000 diere ge-ent teen hondsdolheid

Altesaam 3 972 honde en katte is verlede week in die 4 dae hondsdolheidinentingsveldtog in die groter Parys ge-ent Só sê die Tegnikus van die Veterinêre Diens, mnr Barend Wentink. Die veldtog is geloods nadat ’n positiewe geval van hondsdolheid vroeër vanjaar in die dorp aangemeld is.

Altesaam 3 972 honde en katte is verlede week in die 4 dae hondsdolheidinentingsveldtog in die groter Parys ge-ent  Só sê die Tegnikus van die Veterinêre Diens, mnr Barend Wentink. Die veldtog is geloods nadat ’n positiewe geval van hondsdolheid vroeër vanjaar in die dorp aangemeld is.
Op 9 Oktober is 813 diere tydens die veldtog in Parys ge-ent, op 10 Oktober 994 in Parys en Schonkenville, op 11 Oktober 1 303 diere in Tumahole en op 12 Oktober, nog 862 diere in Tumahole.
Volgens mnr. Wentink was die verhouding honde:katte ongeveer 85:15. Dit beteken dat van die bykans 4000 diere is ongeveer 3400 honde en 600 katte geïmmuniseer teen hondsdolheid. Hy sê verder dat na raming 30-35% van die totale hond- en katpopulasie nie tydens die veldtog vir inenting gebring is nie. Daar word vermoed dat ’n  gedeelte daarvan reeds tevore deur  plaaslike veeartse geënt is.
Mnr. Wentink het almal wat hul samewerking vir die veldtog gegee het bedank, veral die NG en Gereformeerde Kerke asook Koepel Stereo en Radio Lentswe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button