News

Ideale en bekostigbare Kersgeskenke hier te kry

Ideale en bekostigbare Kersgeskenke hier te kry

 

Die Parys Kersmark begin hierdie naweek (Saterdag 12 Desember) en vanjaar kan besoekers weer uitsien na uitsonderlike handgemaakte produkte – ideaal vir daardie iets anders vir iemand spesiaal hierdie Kersfees. Vanjaar kan jy onder meer by hierdie nou reeds bekende mark, ook klere vir die voller figuur, skoene, vlekvrye staal eetgerei, herwinbare aluminium dekor, boeke, pottebakkerswerk, sandsteen produkte, fotorame, Martie Swanepoel se unieke lappe soos gesien op Kwêla, kunsprodukste soos stensils, leerprodukte, swepe en blaasbalke, miniatuur “tuine” en vetplante, verskeie laserprodukte, pophuise en popklere om maar net ’n paar items te noem, te wagte wees.

Die mark duur tot 23 Desember en kan van 12-23 Desember van 09:00 tot 18:00 daagliks op die boomryke kerkterrein van die NG-gemeente Parys-Wes, h/v Grens- en Kortstraat besoek word. Toegang is gratis en ‘n teetuin sal sorg dat die innerlike versterk word terwyl jy Kerskopies doen. Maak ’n draai. Kom sommer ’n paar keer, want jy is gewaarborg om elke keer iets te sien wat jou oog sal vang.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button