LetterOpinions

Kunste behoort deel van ons lewensbestaan te wees

UITVOERING: ENSEMBLE FONS PARTITA

My vrou en ek was bevoorreg om op Saterdag 5 Desember ‘n uitvoering van hierdie ensemble in die N G Kerk, Vredefort by te woon.

Die groep het musiek van Michel Corrette en Johann Pachelbel sowel as ‘n kantate van J S Bach uitgevoer.

Hoewel dit klassieke musiek is en seker nie noodwendig in elkeen se smaak val nie, was dit vir ons , kultureel gesproke, een van die verrykendste ervarings in ‘n lang tyd. Die musiek was besonders maar veral die vertolking en aanbieding daarvan was vir ons van hoogstaande en esteties uiters bevredigende gehalte. Veral die sang was (vir ons altans) van hoë gehalte. Sterk talentvolle sangers gee net eenvoudig sinvol uitdrukking aan dit wat in ‘n komposisie opgesluit is.

Tog is dit vir ons so jammer dat slegs sowat 15 mense die uitvoering bygewoon het. Dis moeilike ekonomiese tye maar kuns (in al sy vorme en gedaantes) behoort deurgaans  ‘n integrale deel van ons lewensbestaan te wees.

Die mense by Deelfontein doen baie moeite en ons moet regtig sover ons kan hulle deurlopend ondersteun.

Woon hulle uitvoerings dus so gereeld by as wat u enigsins kan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button