Uitvoering van prag koormusiek in Vredefort

Uitvoering van prag koormusiek in Vredefort

 

Op Saterdagaand, 5 Desember om 17:00, vind ´n uitvoering van kantates van Johann Sebastian Bach deur die Ensemble Fons Partita in die NG Kerk Vredefort plaas. Die konsert is die afsluiting van ´n musiekprojek wat tussen 27 November en 5 Desember by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein in die Vredefort Koepel aangebied word. Die vokaalensemble bestaan uit Alna Smit (sopraan), Diana Cowen (alt), Zander Fick (tenoor) en Hendré van Zyl (bas), en die strykensemble word deur Linnet Labuschagne aangevoer. Op die program is onder andere die bekende Bachkantate Nun komm, der Heiden Heiland, wat spesifiek vir die eerste Adventsondag bedoel is. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees teen R100. Voorafbespreking is nie nodig nie. Vir navrae stuur ‘n e-pos na gerhard@deelfontein.co.za of skakel 083 280 9784.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button