Uitvoering van prag koormusiek in Vredefort
Uitvoering van prag koormusiek in Vredefort


Op Saterdagaand, 5 Desember om 17:00, vind ´n uitvoering van kantates van Johann Sebastian Bach deur die Ensemble Fons Partita in die NG Kerk Vredefort plaas. Die konsert is die afsluiting van ´n musiekprojek wat tussen 27 November en 5 Desember by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein in die Vredefort Koepel aangebied word. Die vokaalensemble bestaan uit Alna Smit (sopraan), Diana Cowen (alt), Zander Fick (tenoor) en Hendré van Zyl (bas), en die strykensemble word deur Linnet Labuschagne aangevoer. Op die program is onder andere die bekende Bachkantate Nun komm, der Heiden Heiland, wat spesifiek vir die eerste Adventsondag bedoel is. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees teen R100. Voorafbespreking is nie nodig nie. Vir navrae stuur ‘n e-pos na gerhard@deelfontein.co.za of skakel 083 280 9784.




