SportSport

Gholfbaan uiteindelik weer oop

Gholfbaan uiteindelik weer oop

 

 

Die Vaal de Grace-ghofbaan het Vrydag, 20 November uiteindelik weer oopgemaak nadat dit die afgelope agt maande gesluit was. Die baan is tans nog in ‘n oorgangsfase en is slegs oop vir huiseienaars, lede van die gholfklub en gaste wat in gastehuise tuisgaan. Hoewel nog nie nou oop vir Jan alleman nie, word daar beoog om vroeg volgende jaar weer ten volle op dreef te wees. Die baan is binne twee weke herstel tot ‘n speelbare toestand, maar het nog verdere aandag nodig, en word daar baie hard gewerk om alle gholfspelers binnekort weer terug te verwelkom, sê die gholfbaaneienaars. Wat die Vaal de Grace gholfbaan besonders maak is sy prag natuurskoon, ryk voëllewe en die gedruis van die Vaalrivier terwyl jy jou rondte voltooi. Die prag baan is destyds deur gholfveteraan, Nick Price, op ‘n eiland in die Vaalrivier uitgelê en in 2008 geopen.  

 

Daar was Vrydag groot opgewondenheid onder gholfers toe daar vir die eerste keer in 8 maande weer op die Vaal de Grace-gholfbaan gespeel is. Foto: Verskaf

 Oor jare is vele prestige gholftoernooie op die baan gespeel, waaronder ook die Nasionale SAPD gholfkampioenskappe in Februarie vanjaar, en die SA Senior Nasionale Dames gholftoernooi in Mei 2019. Groepe gholfspelers van oral oor het gereeld dubbelbesprekings op beide Parys se gholfbane gemaak vir gholf- en ander toere, omdat die dorp een van min plattelandse dorpe is met twee spog bane. Dit is daarom nie verbasend dat gholfspelers op Fairway Golf SA die baan as van die tien top gholfbane gelys het waar hulle graag in 2020 sou wou speel nie. Die baan word ook onder die top 100 bane in SA gelys.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button