

Hondsdolheid is ‘n dodelike siekte. ‘n Gratis inentingsveldtog teen hondsdolheid word op Dinsdag 1 Desember 2020 gehou in Koppies en Kwakwatsi vir alle honde en katte deur die afdeling Veeartseny van Departement Landbou. Daar is tans geen gevalle van hondsdolheid nie, maar om die dodelike siekte te voorkom is gereelde inentings uiters noodsaaklik. Mense word versoek om hul honde aan ‘n leiband en katte in ‘n geskikte sak soos ‘n lemoensak of houer te bring na die punte waar gratis inentings deur die department se personeel toegedien word.
Die vier punte waar die veldtog gehou word vanaf 08:30 tot 16:00 is:
Kwakwatsi kantoor (naby Kwakwatsi biblioteek en kliniek)
Kwakwatsi gemeenskapsaal in Masoanestraat
NG. Kerk Moedergemeente in Kerkstraat Koppies
NG Kerk Weltevrede in Weltevrede Koppies




