Home & GardenLifestyle

Tuinpraatjies: Vaderlandswilg – van boomhuis tot klim-en-klouter

Tuinpraatjies: Vaderlandswilg - van boomhuis tot klim-en-klouter

 

Die Vaderlandswilg oftewel Combretum Erythrophyllum, is ’n baie gepaste boom vir Parys, want hy kom natuurlik voor in die noorde van die Vaalrivier, ’n groot gedeelte van KwaZulu-Natal en in die Noord-Kaap, langs die Oranjerivier-stelsel. Hierdie boom is inheems, semi-bladwisselend en sy blare verkleur in die wintermaande na ‘n diep rooi. Hy lok ook bye en voëls met sy aromatiese blomme in die lente.

En ja, die “wilger” in sy naam verwys na sy takke wat afgroei soos ’n rivierwilger, maar dié boom is nie so ‘n watervraat soos die rivierwilger nie. Inteendeel – die

Vaderlandswilg is baie gehard in droogtes.

 

Dit kan hitte en koue ewe goed hanteer, en groei in enige grond. Boonop is hy ’n vinnige groeier en om dié rede ’n baie populêre gedenktuin boom. As jy ’n boom soek om vir jou kinders ’n boomhuis te bou, of as maklike klim-en-klouter boom, kan jy beslis die Vaderlandswilg oorweeg. Hierdie pragtige boom het nie ’n aggressiewe wortelstelsel nie, en kan dus met groot sukses naby plaveisel, opritte, swembaddens en mure geplant word.

Ekstrak van die boom se blare en bas is al baie suksesvol gebruik vroeër jare en steeds vir hul anti-bakteriese, anti-inflamatoriese asook anti oksidante aktiwiteite.

Die gewildste gebruik is om ’n tee te maak van stukkies bas wat dan gedrink word of direk aangesmeer word op wonde. Hierdie boom kan tot 7m hoog groei. ’n Besliste aanwins vir enige tuin.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button