NewsNews

Helpende Hand bewillig R100 000 vir Boere se kinders

Die ergste droogte in 55 jaar het die land se boere op hul knieë en hulp van die staat lyk onwaarskynlik na uitsprake van die regering. Helpende Hand het daarom besluit om die Rampgebied Studiefonds wat tydens die Platinumstaking van 2014 gestig is hiervoor aan te wend en het R100,000 vir hierdie doel bewillig.

Die ergste droogte in 55 jaar het die land se boere op hul knieë en hulp van die staat lyk onwaarskynlik na uitsprake van die regering. Helpende Hand het daarom besluit om die  Rampgebied Studiefonds wat tydens die Platinumstaking van 2014 gestig is hiervoor aan te wend en het R100,000 vir hierdie doel bewillig.

Me. Nomvula Mokonyane, die Minister van Water en Sanitasie, het gesê dat sy geen droogtehulp aan boere wil gee nie en dat hulle maar moet leer aanpas. Haar uitlatings is in landboukringe skerp gekritiseer.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is dit ook die droogste seisoen sedert die vroeë negentigerjare. Net soos toe is die droogte die resultaat van die El Niño-verskynsel. Nie alleenlik kan boere nie gewasse aanplant nie;  daar is ook nie genoeg water en voer vir hul vee nie.

 “Boere is vrygewige mense,” sê dr. Danie Brink, Uitvoerende Direkteur van Helpende Hand. “Met die stakings in Rustenburg was die boere die eerste ouens wat ingespring het en gehelp het. Dis nou ons beurt om hulle weer te help deur geld in die Rampgebied Studiefonds te stort.”

Boere wat wil aansoek doen vir hulp uit die Studiefonds kan vir Yolande Theron kontak per epos (yolande@helpendehand.co.za) of skakel op 012 664 4428.

Helpende Hand moedig die publiek aan om ’n bydrae tot die fonds te maak om verligting aan boere te bring wat hul kinders vir verdere studies wil inskryf. Brink sê verder dat die nood onder ons boere kommerwekkende afmetings aanneem.

Help ons land se boere in hulle tyd van nood. SMS “boer” na 38969 en skenk R10 vir die fonds of maak ’n direkte inbetaling in Helpende Hand se rekening.

Solidariteit Helpende Hand
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62 331 445 503
Tak: Centurion (takkode: 250 655)
Verwysing: Boer

Related Articles

Back to top button