News

Dis Krismis vir jou by die petrolpomp

Jy gaan bes moontlik weer bietjie spaar

     

As jy jou Desember-vakansie planne al agter mekaar het, die sleepwa gaan haak, of die tent pak, gaan daar heel waarsynlik ‘n ietsie ekstra wees vir jou Kerskous danksy dit wat jy aan brandstof gaan spaar. Motoriste sal na verwagting weer bietjie genade by die petrolpompe kry in Desember wat jou bes moontlik ‘n hele paar honderd rand aan petrol gaan spaar veral as jy die lang pad see toe vat, maar onthou dat wat jy spaar ook gaan afhang van hoe swaar jou voertuig op brandstof is en die afstand wat jy ry. Soos sake nou lyk kan daar dalk ‘n daling van R2,08 per liter wees in die petrolprys,  en ‘n moontlike daling van R2,33 per liter vir die dieselprys.    

 

Related Articles

Back to top button