

Eddie Hills (26) is Maandagaand breindood verklaar, nadat hy kritiek beseer is tydens ‘n plaasaanval Donderdag op die plaas Zwartpan in die Hennenman-distrik. Sy pa Pieter het in die aanval gesterf. Eddie se nekwerwels en lugpyp is beskadig toe aanvallers op hom geskiet het. Sy pa is vasgebind en in die kop geskiet en is op die toneel oorlede. Die familie boer vir jare al in die distrik. Pieter en Eddie het saam geboer, asook Pieter se jongste dogter, Carmen, wat ook by die boerdery betrokke was. Vier verdagtes is Vrydag na ‘n uitgebreide polisie soektog gerarresteer. Een van die verdagtes is egter Saterdoggend dood in sy sel gekry nadat hy homself gehang het. Die ander verdagtes sou vandeesweek voor die hof verskyn het.




