News

Ontvoerde baba in Rustenburg gevind

Ontvoerde baba in Rustenburg gevind

 

Danksy die vinnige optrede van die polisie is die vier maande oue baba wat Woensdag, 4 November voor ʼn groentewinkel in Kockstraat ontvoer is die volgende aand in Rustenburg gevind.nksy die vinnige optrede van die polisie is die vier maande oue baba wat Woensdag, 4 November in Potchefstroom voor ʼn groentewinkel in Kockstraat ontvoer is die volgende aand in Rustenburg gevind. Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in die Noordwes, sê die baba is veilig en ongedeerd terug by sy ma.

Die ontvoering het Woensdagmiddag na 14:00 plaasgevind toe twee verdagtes met die twintigjarige ma se babaseuntjie weggery het terwyl sy in ʼn winkel ingegaan het om kos te koop.

Een van die verdagtes was ʼn vrou wat haar voorgedoen het as ʼn SASSA-werkgewer. Sy het die ma Dinsdag (3 November) in Ventersdorp ontmoet en het gesê sy sal haar help om haar kind se geboorte te registreer.

Hulle het Woensdagoggend saam in ʼn taxi van Ventersdorp af Potchefstroom toe gery. By die taxi-staanplek het ʼn man in ʼn rooi Toyota Tazz op hulle gewag en ʼn paar draaie in die stad gery.

Naby Potchefstroom Hospitaal het hulle by ‘n groentewinkel, “Hospitaal groente en wegneemetes”, op die hoek van Kock- en Chris Hanistraat gestop. Die SASSA-vrou het vir die ma R20 gegee om vir hulle tjips te koop en toe sy uit die winkel kom, het hulle met haar baba weggery.

Volgens kapt. Botma is die man wat die motor bestuur het naby Ikageng vasgekeer terwyl die vrou met die baba in Rustenburg gevind is. Die twee verdagtes is tans in aanhouding en verskyn Maandag, 9 November in die Potchefstroomse landdroshof op ʼn aanklag van ontvoering.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button