News

Hennenman plaasmoord verdagte dood in selle gekry

plaasmoord verdagte dood in selle gekry

 

Speurders van Hennenman tesame met lede van misdaadvoorkoming het onverpoosd gewerk om die verdagtes vas te trek na die  moord op die 56-jarige Pieter Hills, n boer van Hennenman en aanval op sy 26-jarige seun, Eddie, Donderdagaand 5 November. Eddie veg steeds om sy lewe na die aanval op hul plaas Swartpan.

Pieter is in die kop geskiet en sy seun van agter met n skerp voorwerp gesteek wat sy long deurdring het. Eddie is ook in die nek skiet.

Die intelligensie gedrewe misdaad operasie het gelei tot die arrestasie van 4 verdagtes in Phomolong, Hennenman,  gisteraand. Een van die verdagtes, n 47-jarige man is egter vanoggend, Saterdag 7 November gekry waar hy homself  in sy sel gehang het.

Die ander 3 verdagtes in hul dertigerjare sal nou op n klag van moord en huisroof in die Hennenman landdroshof verskyn, het die polisie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button