News

Hennenman plaasmoord verdagte dood in selle gekry

plaasmoord verdagte dood in selle gekry

 

Speurders van Hennenman tesame met lede van misdaadvoorkoming het onverpoosd gewerk om die verdagtes vas te trek na die  moord op die 56-jarige Pieter Hills, n boer van Hennenman en aanval op sy 26-jarige seun, Eddie, Donderdagaand 5 November. Eddie veg steeds om sy lewe na die aanval op hul plaas Swartpan.

Pieter is in die kop geskiet en sy seun van agter met n skerp voorwerp gesteek wat sy long deurdring het. Eddie is ook in die nek skiet.

Die intelligensie gedrewe misdaad operasie het gelei tot die arrestasie van 4 verdagtes in Phomolong, Hennenman,  gisteraand. Een van die verdagtes, n 47-jarige man is egter vanoggend, Saterdag 7 November gekry waar hy homself  in sy sel gehang het.

Die ander 3 verdagtes in hul dertigerjare sal nou op n klag van moord en huisroof in die Hennenman landdroshof verskyn, het die polisie gesê.

Related Articles

Back to top button