News

Polisie soek na ontvoerde baba

Polisie soek na ontvoerde baba

 
 
Volgens kapt. Aafje Botma, polisewoordvoerder, het die twintigjarige ma op 3 November in Ventersdorp ʼn vrou ontmoet wat haar as ʼn werknemer van SASSA voorgestel het. Sy het aangebied om die ma met haar baba se geboorteregistrasie te help. Die vrou het die ma die volgende dag ontmoet en hulle het saam in ʼn taxi van Ventersdorp tot in Potchefstroom gery.
 
By die taxi-staanplek het ʼn rooi Toyota Tazz op hulle gewag. Die bestuurder van die voertuig het by verskeie plekke in Potchefstroom aangedoen voordat hy by ʼn winkel op die hoek van Kock en Chris Hanistraat gestop het. “By die winkel het die SASSA-vrou vir die ma gevra of sy honger is.
 
Sy het vir haar R20 gegee om skyfies te koop en toe die ma uitkom, was die Tazz weg”, sê kapt. Botma. Die polisie ondersoek tans ʼn saak van ontvoering. Enige persoon met meer informasie kan die ondersoekbeampte, ao. Jaco Jonker by 082 568 9036 skakel.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button