News

Wanneer jong drome vlerke kry

Wanneer jong drome vlerke kry

JC van der Westhuizen se droom om te kan vlieg, het verlede week vlerke gekry toe hy sy eerste solo-vlug van sowat 20 minute gedoen het. Vir dié jong vlieënier was dit ’n groot uitdaging om tussendeur sy matriekstudie en die beperkings weens Covid-19, ook sy eksamens af te lê vir die agt vereiste vakke vir sy private vlieglisensie. Om te kan slaag word ’n minimum slaagpersentasie van 75% vereis.

Dan word 40 solo vlugure ook vereis voordat hy uiteindelik sy lisensie ontvang.

JC se visier is ingestel om uiteindelik sy kommersiële vlieglisensie te kry. Hy studeer by die Parys Flying Academy, ‘n tak van Bucephalus Air in Parys. Tot dusver het JC reeds 28 vliegure agter sy naam.

Sy solo-vlug sonder ‘n instrukteur het hy gedoen met ’n Piper Cherokee ZSSVR. JC het as hoërskoolseun begin droom om te kan vlieg.

Aanvanklik het hy sweeftuig gevlieg, en toe aan die einde van Gr. 10 by die vliegskool aangesluit toe hy besef het vaste vlerk is wat hy wil vlieg. Hy volg nou in sy oupa, Cimri Serfontein se voetspore wat self as jong seun sy vlieglisensie gekry het en ook die jongste lid van sy vliegklub was, net soos JC.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button